Ek hoop

Ek mis jou lag en daai daggies waar jou glimlag was.
Ek weet jy het jouself verloor en oor en oor versmoor.
Tot nou die oggend uiteindelik gewen in jou stryd en jouself vermoor.
Ek hoop jy het uiteindelik jou vrede gevind toe jy jouself verdrink.
Ek hoop jy is verlos van jou lewe se gemors
Ek weet dit was nie jou skuld dat jy nie veel kon duld.
Ek hoop jy het vrede gemaak en dat die Here se Woord jou hart kon raak.
Ek hoop jy het geen meer kwaad en dat jy in rustigheid kon stil stil wegraak.
Ek was kwaad oor jy my aleen laat. Maar ek is nou vry en daarvoor is ek elke dag bly.
Al neem ek wraak, jou bestaan sal altyd vir my saak maak.

Leave a Reply